Oeps-e-Daisies is die Afrikaanse weergawe van TV programme soos Gigglebiz en Jollywobbles.  Dit bevat agt lekkerlag episodes met ‘n groot verskeidenheid kort “funny clips” vir kinders van alle ouderdomme.

Ontmoet ‘n klomp skreeusnaakse karakters soos Meneer Oeps en sy meisie, Ben Bangjan, Tante Toet, Daan die “Handyman” en Superjan die Superheld!  As jou kinders dink dis snaaks wanneer iemand mors, val, in dinge vasloop, groot skrik of sommer net dom dinge doen, dan gaan hierdie reeks ‘n wenner in jou huis wees!

Met Jan-Hendrik Opperman en Esther von Waltsleben. Stories en regie deur Anna Emm. Tydsduur 60min.

Contact Details for Anna Emm Productions:

Contact Person:
Anna Emm

Tel:
0219115618

Email:
lekkerbekkie@annaemm.co.za

Website:
www.annaemm.co.za

Address:
5A Solly Freedburg street,
Panorama